Solidariteit steun Glencore-Merafe en Samancor se aansoeke vir 'n spesiale elektrisiteitstarief van 62-sent per kilowatt-uur. Pieter Jordaan van Solidariteit waarsku duisende werksgeleenthede verkeer in gevaar indien verligting nie toegestaan word nie, met elektrisiteit wat tot 60-persent van die smeltproduksiekoste verteenwoordig. Hy sê vier-duisend regstreekse werksgeleenthede en meer as 35 000…
Australië se hoofspioenasie-agentskap waarsku dat die terreurbedreiging in die land 'n kommerwekkende wending geneem het. Dit volg op die aanval op Bondi-strand tydens 'n Joodse Hanukkah-viering in Desember verlede jaar waarin 15 mense dood is. Die direkteur-generaal van die Australiese Veiligheidsintelligensie-organisasie, Mike Burgess, sê jare se toename in anti-Semitisme het…
Voorbereidings vir die 9de Nasionale IKT-beraad vanaf 12 tot 16 Oktober vanjaar het reeds begin, met MTC wat 110 000 Namibiese dollar vir die geleentheid beskikbaar gestel het. Die beraad is daarop gemik om opkomende tegnologieë te benut om sosio-ekonomiese uitdagings op te los, die arbeidsmag op te lei, 4G/5G-infrastruktuur…
Vrystaat Landbou sê die jongste bevel van die Hooggeregshof in Pretoria is ʼn bepalende keerpunt in die voortgesette stryd om Suid-Afrika se vee-bedryf teen bek-en-klouseer te beskerm. Die hof het bevind boere mag sonder die staat se toestemming entstof aankoop en toedien. Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê die…
Afstammelinge van slagoffers van die Ovaherero- en Nama-volksmoorde, insluitend tradisionele owerhede en verteenwoordigende stigtings, verwerp steeds 28 Mei as die amptelike Volksmoordherdenkingsdag. Die regering het die datum in die Staatskoerant gepubliseer om die sluiting van Duits-beheerde konsentrasiekampe in 1908 te vier. Die adjunkvoorsitter van die Nama Tradisionele Owerheid se tegniese…
Bank Windhoek doen 'n beroep op 'n meer plaaslik gegronde benadering tot volhoubare finansiering in Namibië. Omgewings- en sosiale bestuurskenner by die Bank, Joachim Komeheke, sê hoewel omgewingsdoelwitte belangrik bly, moet beleggings ook ongelykheid aanpak, lewensonderhoud verbeter en veerkragtigheid versterk. Hy waarsku dat globale definisies van volhoubaarheid dikwels die realiteite…
Die /Khomanin-gemeenskap het die afgelope naweek gestem oor of tradisionele leier, hoofvrou Juliane Gawa!Nas, uit haar amp verwyder moet word. Altesaam 139 stemme ten gunste van haar verwydering is uitgebring. In totaal het 156 mense op !Nauaspoort, ǂArovlei en Kharoxas hul kruisies getrek. Daar was vyf bedorwe stemme, terwyl die…
Namibië het tans geen bevestigde of vermoedelike gevalle van die Ebola-virus nie, het die ministerie van gesondheid bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, gepraat wat sê na aanleiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanwysing van die onlangse uitbreking in die DRK en Uganda as…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal 'n aanvanklike 81,5 miljoen rand bydra tot die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming om die vasteland se reaksie op die Ebola-uitbreking te versterk. Die uitbreking, wat hoofsaaklik die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda raak, het die lewens van 220 mense geëis, en daar…
Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank versoek om nie die terugkoopkoers tydens sy komende vergadering te verhoog nie. Die federasie voer aan werkers verkeer reeds onder druk weens hoë lewenskoste, hoofsaaklik as gevolg van stygende brandstofpryse. Hy waarsku hoër rentekoerse sal skuld verhoog, die ekonomie vertraag en werkloosheid, wat…
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê besprekings oor Wêreldbeker-bonusse vir Bafana Bafana-spelers moet nog gefinaliseer word. SAFA se adjunkpresident, Linda Zwane, sê hulle sal met spelers praat op die kamp voor die toernooi. Bafana het tans een bevestigde opwarmingswedstryd teen Nicaragua Vrydag op die Orlando-stadion. Zwane het beklemtoon dat geen kwessies onopgelos…
Die Regshulpsentrum het in 'n onlangse artikel oor die wetgewing van kinderbeskerming gepraat. Namibië se wet was in 2019 opgedateer maar, die algemene gebrek aan kinderbeskerming duur landswyd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die koördineerder van die Geslagsnavorsing- en Voorspraakprojek by die sentrum, Yolande Engelbrecht, gepraat.
Polisie in die ooste van die DRK het waarskuwingskote afgevuur nadat woedende inwoners probeer het om die liggame van familielede terug te neem wat in ’n Ebola-behandelingsentrum in Mongwalu gesterf het. Die onrus het Sondag voortgeduur nadat ’n isolasietent by die hospitaalterrein oornag aan die brand gesteek is. Gesondheidsbeamptes het…
Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, sê 'n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria oor bek-en-klouseer is 'n groot oorwinning vir vee- en wildboere. Die hof het bevind landbouminister John Steenhuisen en senior amptenare het nie voldoende op die uitbreking reageer nie, wat gelei het tot vertragings in inentingspogings en aansienlike verliese…
Die nuutse Afrobarometer opname toon dat 51 persent van Namibiese 18 tot 35-jariges, te midde van hemelshoë jeugwerkloosheidsyfers, verkies om vir die regering te werk. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by arbeidskenner Herbert Jauch gekry, wat sê dis nie verbasend nie, want staatsdiensposte is meesal permanent met beter voordele.
SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is verlede week in die gebied gevind. Owerhede vermoed hul voertuig is oor die grens na Mosambiek geneem. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê…
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se kongres in Boksburg het besluit om vier geskorste lede van die nasionale uitvoerende komitee ná dissiplinêre optrede te verwyder. Visepresident Linda Zwane sê Monde Montshiwa, Gladwin White, Lebogang Riet en Bhuda Mathathe is beskuldig van beleidsoortreding en dat hul die organisasie oneer aangedoen het. Hy verduidelik…
Namibië bevorder sy groen industrialiseringsagenda deur 'n sektorale transformasie-beleggingsplan te ontwikkel om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessiefinansiering van die Klimaatbeleggingsfonds te ontsluit. Na 'n oproep vir voorstelle wat 148 voorleggings gegenereer het, word streekskonsultasies uitgevoer om projekte in groenwaterstof, mineraalveredeling en vervaardiging in lyn te bring met nasionale…
Hoewel die olieprys vanoggend met sowat 2 persent gestyg het ná berigte van Amerikaanse aanvalle in suid-Iran, verhandel dit steeds net effe onder 100 Amerikaanse dollar per vat. Ná president Donald Trump die naweek gesê het ‘n vredesooreenkoms met Iran, wat die heropening van die Straat van Hormuz insluit, is…
26 May 12AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.