Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier…
Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere…
Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede…
Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel…
Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale…
Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature,…
Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel…
Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor 'n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met 'n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die…
Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike…
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê opvoeders en die breër onderwysgemeenskap moet meer doen in die geveg teen geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa sê skole het 'n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in…
Die landboukundige Kobus Laubscher sê die feit dat vervoer- en handel-inperkings so vinnig aangekondig is, wys hoe ernstig die regering die bek-en-klouseer-uitbreking opneem. Laubscher het Namibiese owerhede geprys vir hul vinnige reaksie en veral melding gemaak van deursigtige kommunikasie en die onmiddellike isolasie van die //Kharas-streek. Hy het met Kosmos…
City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur 'n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur 'n…
Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag…
President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die…
Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle…
Die vakbond Solidariteit het verskeie staatsinstellings en munisipaliteite gewaarsku om nie bepalings van die Wet op Openbare Verkryging, wat tans ongeldig is, in tenderprosesse te gebruik nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof gelas het die wet is onregmatig verorden. Theuns du Buisson van Solidariteit sê ras-, geslags- of gestremdheidsvereistes…
Andreas Shaanika, hoof van konsultasie by Old Mutual Namibië, doen 'n beroep op gewone Namibiërs om nie die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima te ignoreer nie, aangesien dit hul geld raak. Hy sê die wetgewing is relevant vir werkers wat tot aftreefondse bydra, mense wat vir mediese…
2 Oct 2AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.