Die land se luguitvoere het 'n groot terugslag gehad, met SWISS WorldCargo wat alle uitvoervrag vanaf Windhoek tot verdere kennisgewing opgeskort het. Dit bring effektief 'n einde aan Edelweiss se lugvragversendings na Europa. Die maatskappy sê die stap volg op 'n deurlopende hersiening van nakomingsvereistes. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se…
Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika vanaand teen Egipte in 'n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon…
Motoriste wat tussen Swakopmund en Usakos reis, kan binnekort 24 uur per dag gemonitor word namate Namibië sy padveiligheidsmaatreëls verskerp. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het die plan aangekondig tydens die opening van die opgradering van die 146 kilometer lange pad, ‘n belegging van 552 miljoen Namibiese…
Zaamwani sê die DVS gaan vee in die Karasburg-bek-en-klouseer-inperkingsone begin inent namate die regering sy pogings verskerp om die uitbreking te bekamp. Inenting sal aan die buitegrense van die aangewese inperkingsone begin en na die episentrum van die uitbreking beweeg.
Namibië het 79 gevalle van bek-en-klouseer op 11 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik bevestig, terwyl owerhede hul pogings verskerp om die uitbreking te bekamp. Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdagaand gesê laboratoriumtoetse het die virus as bek-en-klouseer-serotipe SAT 1 geïdentifiseer, dieselfde as die wat in Suid-Afrika en Botswana amok saai. Teen Vrydag…
Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte vra 'n veelvlakkige benadering tot Suid-Afrika se toenemende krisis met geslagsgeweld en vrouemoord. Die oproep volg op 'n ondersoek om inligting in te win, waarby die regering, burgerlike samelewing en ander belanghebbendes betrokke was. Die kommissie se spesiale rapporteur, Solomon Ayele Dersso, sê slegs…
Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om kalm te bly en amptelike riglyne te volg terwyl die owerhede voortgaan met pogings om bek-en-klouseer te bekamp. Die siekte bly beperk tot vyf plase in die Karasburg-distrik. Die NLU se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter, sê lede moet by beheermaatreëls hou…
Nust het die toelatings vir 2027 vir sy baccalaureusgraad in mediese laboratoriumwetenskappe gevries om 'n ernstige praktiese opleidingsknelpunt op te los. Onderwysminister Sanet Steenkamp het aan die parlement gesê dat 'n rekordinname in 2025 die kliniese plasingskapasiteit oorweldig het, wat ander studente sonder die vereiste praktiese opleiding gestrand gelaat het.
Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood…
Bryan Eiseb, die pas aangestelde direkteur van die Teenkorrupsiekommissie, sê hy werk daaraan om 'n geïntegreerde sentrum vir samewerking tussen verskeie instellings te vestig. Volgens Eiseb sal die sentrum met alle openbare instellings, insluitend die polisie en die tenderraad, saamwerk om voort te bou op Namibië se onlangse vordering met…
Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, sê die streek benodig 230 miljoen Namibiese dollar om ekstra klaskamers te bou en middagpelotonskofte uit te skakel, wat meer as 4 000 leerders raak. Met 4 000 meer graad een en -agt aansoekers wat tans ongeplaas is in Walvisbaai, Swakopmund en Karibib, sê…
Die Copps 94.1-span het ‘n rowwe Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met huismoles en ongelukke op nat paaie wat hulle besig gehou het. En dan was daar ‘n bisarre voorval van ‘n man wat amok by ‘n lykwaak gemaak het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende…
Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes…
Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met…
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier…
Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
2 Oct 10AM
1 min
680 – 700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.