Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
720 – 740

Hof hoor van grafiese beeldmateriaal tussen Sibiya en beweerde slagoffers

Die Randburgse Landdroshof het aantygings gehoor oor 'n aand toe die geskorste adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en twee meisies, van onderskeidelik 16- en 18-jaar-oud jaar oud saam was. 'n Ondersoekbeampte, bekend as sersant Ndlovu, het getuig Sibiya het die meisies na bewering na 'n ontkleeklub geneem voor hul teruggekeer…
2 Oct 1AM 1 min

Naretu & AA wil bestuursvernuf van vragmotorbestuurders verbeter

Die Namibian Revolutionary Transport Union, Naretu, neem sy inisiatief om bestuurders in defensiewe bestuur op te lei, 'n stap verder. Die vakbond en die Automobielvereniging van Namibië het 'n ooreenkoms onderteken om vragmotorbestuurders toe te rus om gevare op die pad te identifiseer, potensiële gevare te voorsien en gepas daarop…
2 Oct 1AM 1 min

Namibië slaggereed vir ICC-Krieketwêreldbeker vir mans in 2027

Krieket Namibië is slaggereed om die wêreld in 2027 na die land te verwelkom! Namibië tree as gasheer op vir die ICC-krieketwêreldbeker vir mans in 2027, met die groot toernooi wat op 2 Oktober 2027 afskop. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van onderwys en sport, Gerard Vries, sê hy…
2 Oct 1AM 1 min

Alte Feste-restourasie vorder goed

Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters…
2 Oct 12AM 1 min

SA Openbare Beskermer-kantoor kry skoon oudit 2de jaar in 'n ry

Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die…
2 Oct 12AM 1 min

NLU vra inwoners om nie vleis te vervoer of adverteer nie

Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
2 Oct 12AM 1 min

SA Staatsdienskommissie-voorsitter waarsku korrupsie is nie toevallig nie

Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke…
1 Oct 11PM 1 min

NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan

NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n…
1 Oct 11PM 1 min

Outa juig omdat huis-sonkrag registrasie verleng is

Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie…
1 Oct 11AM 1 min

Wibooi vra vir robuuste ontwikkelingstrategieë vir Afrika

Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing vereis, in lyn met…
1 Oct 11AM 1 min

SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering'

SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl…
1 Oct 11AM 1 min

Eiseb neem amptelik ACC-teuels oor by Noa

Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie…
1 Oct 11AM 1 min

IPC se Nashinge beaam Swapo-ministers se vertragingstaktieke

Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van…
1 Oct 10AM 1 min

Slangteengif nou genoeg, maar nie ander teengiwwe

Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
1 Oct 10AM 1 min

Nie seker of Iran in Fludubai-chaos betrokke was: Bibi

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom…
1 Oct 9AM 1 min

Maak seker jou huweliksrekords is reg, vra minister

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies…
1 Oct 9AM 1 min

Alcaraz hewig gekant teen Grand Slam-veranderinge

Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner…
1 Oct 8AM 1 min

Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal

'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy…
1 Oct 8AM 1 min
720 – 740