Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
440 – 460

Copps 94.1: Beweerde dwelmsmous op Otjiwarongo vasgetrek

Die Copps 94.1-span was Vrydagaand op Otjiwarongo, waar hulle by lede van die Namibiese polisie en die buurtwag aangesluit het om wetgehoorsaamheid op dié dorp te monitor. Volgens Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar ‘n paar geringe voorvalle. Hy berig van die toneel:
8 Aug 12AM 1 min

SA plaaslike regeringsverkiesing vind op 4 November plaas

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het 4 November amptelik in die Staatskoerant geproklameer as die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing. Hy het met die SABC gepraat en burgers versoek om te registreer voor die kieserslys om middernag sluit. Hlabisa moedig gemeenskappe aan om die stembus…
7 Aug 11AM 1 min

Ovambanderu-hoofman prys terugbring-pogings

Ovambanderu-hoofman Eben Tjozohongo Nguvauva II het die regering geprys vir sy pogings om Ovambanderu-mense, wat meer as 'n eeu gelede verplaas is, uit Botswana te laat terugkeer. Hy het tydens 'n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah by Staatshuis gepraat.
7 Aug 11AM 1 min

El Niño versterk, so ook risiko van droogte

Die 2026 El Niño-verskynsel is vinnig besig om in die tropiese Stille Oseaan te versterk, met die 30-dae Suidelike Ossilasie-indeks wat tot diep negatiewe vlakke daal. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê dit is veral verlede maand waargeneem, en verhoog die risiko van droë periodes en wisselvallige reënvalpatrone gedurende…
7 Aug 10AM 1 min

Pleidooie vir plaaslike deelname aan tenders geïgnoreer

Die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië sê dat sy oproepe vir sterker plaaslike deelname aan openbare tenders geïgnoreer word deur beide die Werke en Vervoer-ministerie en die staatsbeheerde Padkontrakteurmaatskappy, RCC. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê kommer wat al in April geopper is oor die RCC se nuwe kontrakteur-klassifikasiereëls…
7 Aug 10AM 1 min

Proteas, Zim kom kuier vir FNB T20 driehoekige reeks

Krieket Namibië sal gasheer wees vir die Proteas en Zimbabwe in die FNB T20 driehoekige reeks van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek, wat gevolg sal word deur drie internasionale reekswedstryde tussen die FNB Eagles en die Proteas. Dit is vanoggend tydens 'n perskonferensie aangekondig deur Krieket Namibië se…
7 Aug 10AM 1 min

Namibia Air sal nie teen Desember vlieg: IPC

Die IPC het kommer uitgespreek oor die beplande bekendstelling van Namibia Air en waarsku dat die pas-uitgereikte lugbedryfslisensie nie kommersiële vlugte magtig nie. Die party sê dit moet nie verwar word met die lugbedryfsertifikaat wat vir kommersiële bedrywighede vereis word nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die…
7 Aug 10AM 1 min

Trump verbied geboorte-toerisme

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het twee nuwe uitvoerende opdragte onderteken wat behels dat kinders nie outomaties Amerikaanse burgerskap kry nie deur sogenaamde geboorte-toerisme te verbied. Die Hoërhof het verlede maand sy poging verwerp om geboortereg-burgerskap te beëindig. Die Migrasiebeleid-instituut reken tussen 22 000 en 26 000 babas word jaarliks…
7 Aug 9AM 1 min

Paaie-owerheid hersien Westelike Verbypad se veiligheid

Die Paaie-owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê dat hulle 'n deeglike hersiening van die veiligheid van die Westelike Verbypad in Windhoek doen, na aanleiding van kommer van die publiek oor die toestand van die pad. Dit volg op drie vragmotor-ongelukke Maandag op dieselfde deel van die pad, waar bouwerk gedoen…
7 Aug 9AM 1 min

Giwusa kap ryk eMedia oor beplande afleggings

Giwusa veroordeel eMedia se aankondiging dat hy van voorneme is om 171 werknemers by eNCA af te dank. eMedia Holdings het slegs weke terug die vergoeding van sy topbestuurders bekend gemaak ingevolge onlangse wysigings aan die Maatskappywet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die groep het 'n inkomste van drie-miljard…
7 Aug 8AM 1 min

Hou op poste verkoop, dis korrupsie: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp het die regering se standpunt van nul-toleransie teenoor die verkoop van poste in die openbare diens herbevestig, en sê dat sulke praktyke neerkom op korrupsie, omkopery en bedrog. Sy beklemtoon dat die verkoop van poste verdienstelike en hardwerkende Namibiërs van billike werksgeleenthede ontneem. Steenkamp het met skoolhoofde…
7 Aug 8AM 1 min

Trump sê oorlog sal binnekort eindig

Die Amerikaanse president Donald Trump sê die oorlog in Iran sal binnekort eindig, terwyl hy 'n daling in oliepryse regoor die land aanprys. Intussen het die prys van Brent weer geklim na rondom 83 Amerikaanse dollar. Trump hou vol die wêreld was in gevaar met Iran.
7 Aug 6AM 1 min

GOOD sê Kaapstad steek datasentrum-toekenning weg

Die GOOD Party beskuldig die Stad Kaapstad van die wegsteek van 'n enorme 174-megawatt datasentrum-toekenning vir privaat datasentrums. Die party beweer die bestuur van die portefeuljekomitee oor Energie ontduik deursigtigheid deur die toekenning weg te steek. Joy Kamineth van GOOD sê die voorgestelde hiper-groot Equinix-datasentrum by King Air Industria sal…
7 Aug 6AM 1 min

Bloedoortappingsdiens loods nuwe veldtog, kort O-

Frieda Asino, 'n opvoedingsbeampte by die Namibiese Bloedoortappingsdiens het aangedui dat die diens 'n tekort aan O-negatiewe bloedvoorraad het. Sy het 'n beroep op alle geskikte skenkers gedoen om na vore te kom en bloed te skenk met die afskop van hul veldtog, "Give From the Heart This Winter", wat…
7 Aug 6AM 1 min

Alles word opgesit, as gevolg van wanbestuur - Mudge

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, het skerp kritiek gelewer teen die regering en verwys na gebrekkige gesondheidsorg met 'n tekort aan medisyne, onderwys en vervalle infrastruktuur, waarvoor daar nie geld is nie. Dit kom terwyl die regering beplan om die oorskot van ses bevrydingshelde op 24 Augustus…
7 Aug 6AM 1 min

Eise deur Fishrot-slagoffers is geregverdig

'n Navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, sê die eise van Namibiese werkers aan Yslandse owerhede om as Fishrot-slagoffers by enige strafregtelike sake teen die visseryfirma Samherji ingesluit te word, is geloofwaardig en geldig. Hy sê die benadering kan verreikende gevolge hê vir gewone mense wat direk…
7 Aug 6AM 1 min

Bibberende koue volgende week

Die onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema waarsku teen 'n kouefront wat na verwagting volgende week van Maandag tot Woensdag oor die land sal beweeg. Ndeunyema sê ons gaan bibber onder vriespunt.
7 Aug 5AM 1 min

SAPD keer 54 onwettige migrante in Tshwane aan

Tydens multidissiplinêre wetstoepassing- en nakomingsoperasies in Pretoria-Wes en Hercules in Tshwane, is 374 verdagtes gister in hegtenis geneem. Hulle is aangekeer weens misdade soos moord, poging tot moord en gewapende roof. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 54 onwettige buitelanders is ook vasgetrek en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
7 Aug 5AM 1 min
440 – 460