Die buurland se toerismeminister, Patricia de Lille, sê die Departement van Toerisme sal volgende week 'n konsepkode vir goeie bedryfspraktyk vir korttermynverhurings vir openbare kommentaar vrystel. De Lille het aan die media gesê die kode is daarop gemik om die vinnig groeiende korttermynverhuringssektor te lei, verantwoordelike sakepraktyke te bevorder en…
President Donald Trump van Amerika sê hy beplan om die situasie in Minnesota af te skaal. Dit volg na die dood van Renee Good en Alex Pretti aan die hand van immigrasie- en doeane-agente in Minneapolis wat tot wydverspreide betogings gelei het. In ʼn onderhoud met Fox News het Trump…
Sakeliga, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief Saai, en Vrystaat Landbou, het die minister van Landbou, John Steenhuisen, tot 30 Januarie tyd gegee om te bevestig of vee-eienaars wettiglik self bek-en-klouseer-entstowwe mag aankoop en toedien. Regstappe sal geneem word indien Steenhuisen nie behoorlik reageer nie. Die uitvoerende hoof van Saai,…
Namibië is erken in die StartupBlink Innovators Business Environment Index 2026 as eerste in Afrika in die markpersepsie-pilaar. Dit is gebaseer op die land se gedemonstreerde uitstaande streekleierskap in institusionele vertroue, en geloofwaardigheid van bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met Catherine Shipushu, woordvoerder van die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, gepraat:
Die Departement van Gesondheid van Gauteng het bewerings verwerp dat hy nie sy begroting aan gesondheidsorgdienste bestee het nie. Volgens sy moniteringsverslae vir die 2025/2026-boekjaar het die departement eerder 'n oorbesteding van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand geprojekteer. Dit is hoofsaaklik weens die vereffening van ou skuld, die stygende aantal pasiënte…
Die Spesiale Ondersoekeenheid het 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand teruggegee aan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, wat toegeken sal word aan studente by hoëronderwysinstellings. Hierdie bedrag is deel van meer as 2 miljard rand wat die SOE tot dusver teruggekry het van universiteite, TVET-kolleges en studente wat nie gekwalifiseer het…
Die Europese Unie en Indië het ʼn geskiedkundige en betekenisvolle vryhandelsooreenkoms gesluit. Dis beide kante se grootste ooit. Die EU is reeds Indië se grootste handelsvennoot met 11,5-persent van die Suid-Asiatiese nasie se totale handelsektor. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê in ʼn tyd van toenemende…
Nust het 11 nuwe voorgraadse, nagraadse en doktorale kwalifikasies bekendgestel om kritieke vaardigheidsgapings aan te spreek en die land se menslike kapitaalbasis te versterk. Die universiteit sê die nuwe programme is ontwerp om direk te reageer op nasionale ontwikkelingsprioriteite, bedryfsvraag en opkomende globale tendense. Een van die programme wat geloods…
Begunstigdes by Farm 37 in Walvisbaai sal langer as die aanvanklike teiken van September verlede jaar moet wag, aangesien die voltooiing van die projek nou met tot agt maande verleng is. Walvisbaai se burgemeester, Johannes Shimbilinga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vertraging hoofsaaklik te wyte is aan…
Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, herinner maatskappye daaraan om te voldoen aan alle vereistes. Met byna 150 000 besighede wat na verwagting in die volgende drie maande jaarlikse opgawes en besonderhede oor voordelige eienaarskap sal indien, dring Bipa daarop aan dat maatskappye hul finansiële jaareinddatums nagaan en…
Corruption Watch sê president Cyril Ramaphosa het nou genoeg bewyse om die polisieminister, Senzo Mchunu, te verwyder. Getuie E het voor die Madlanga-kommissie beweer Mchunu het hom probeer dwing om te lieg, bewyse op te maak en 'n vals verhaal te skep teen die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo. Corruption…
Amerikaanse president Donald Trump se sogenaamde grens-tsaar, Tom Homan, het Dinsdag met Tim Walz, die goewerneur van Minnesota, vergader nadat hy die president se omvattende immigrasie-operasie in Minneapolis oorgeneem het. Dit kom terwyl die Withuis probeer om nasionale woede te bedwing oor die tweede noodlottige skietery van 'n Amerikaanse burger…
Die Walvisbaai-korridorgroep sê hulle spreek die gebrek aan sanitasie- en waterdienste vir vragmotorbestuurders by belangrike vragmotorhawens aan. Dit kom nadat vragmotorbestuurders kommer uitgespreek het oor die gebrek aan hierdie dienste terwyl hulle wag vir dokumentasiegoedkeuring en ander logistieke prosesse. Die groep se uitvoerende hoof, Edward Shivute, het aan Kosmos 94.1…
Limpopo se LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Basikopo Makamu, is hartseer oor die toenemende aantal sterftes weens die gure weer wat die provinsie sedert verlede maand teister. Sy woordvoerder, Amos Phago, sê die algehele aantal mense wat weens oorstromings gesterf het, staan op 25, terwyl die…
Die Khomanin Tradisionele Owerheid gaan 'n vergadering hou om kwessies rakende grond en toegang daartoe te bespreek. Die vergadering sal Saterdag, 31 Januarie by die A.I. Steenkamp-laerskool in die hoofstad plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Sydney Gariseb gepraat.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die derde sitting van die 8ste parlement amptelik op 3 Februarie open. Hierdie geleentheid sal gehou word onder die tema: "Versterking van die rol van die parlement vir inklusiewe ontwikkeling en deelnemende demokrasie". Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, sê die geleentheid sal gepaardgaan met…
Binnelandse vlugte is veel duurder as om oor die landsgrense te vlieg. Terwyl retoerkaartjies van Windhoek na Katima Mulilo of Walvisbaai byna 10 000 Namibiese dollar kos, kan passasiers vir byna die helfte van daardie prys retoer na Johannesburg vlieg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê lugvaartkenner dr…
Die Nasionale Vergadering se Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning is tans besig met besoeke van kapitaalprojekte in die Karas- en Omaheke-streke vir die 2023/24- en 2025/2026-boekjare, wat duur tot 31 Januarie. Die voorsitter van die komitee, oud-finansminister Ipumbu Shiimi, het gepraat oor die doel…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê noukeurige beplanning en skeppende denke is nodig in die uitdagende 18 maande in aanloop tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika se seisoen skop in Julie af met die eerste Nasies-kampioenskap. In Augustus begin ’n geskiedkundige reeks van vier toetse tussen die Bokke en die All…
27 Jan 8AM
1 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.