Die eerste heer, Epaphras Ndaitwah, het 'n beroep op seuns gedoen om die geleentheid wat aan hulle gebied word, te benut om hul lewens te verbeter en onderwys aan te gryp. Hy was ‘n spreker by 'n byeenkoms vir seuns op Nkurenkuru in Kavango-Wes. Ndaitwah sê seuns kry nie die…
Die Independent Patriots for Change het die besluit van die omgewingskommissaris in die ministerie van omgewing teengestaan om ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat aan Namibian Marine Phosphate uit te reik. Die sertifikaat gee die groenlig vir die voorgestelde Sandpiper-marienefosfaatprojek aan die kus van Namibië. Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het ’n beroep…
Die Namibiese Mededingingskommissie sal Woensdag met die toerismebedryf in gesprek tree oor die kwessie van konsessies in die toerismesektor, veral in bewareas. Dit is in die lig van die ondersoek wat die kommissie geloods het na sy beoordeling van bewerings van eksklusiewe ooreenkomste, wat 'n oortreding van die Mededingingswet is…
Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het jongmense aangemoedig om gebruik te maak van geleenthede in klimaatslim landbou, landboubesigheid, waterbewaring en volhoubare produksie. Sy het by die Ohangwena-streekskonferensie oor omgewingsopvoeding in Eenhana gepraat en gesê die jeug moet betrokke raak en nie wag op toegifte nie.
Die ANC se Groter Johannesburg-streek het 'n peiling van die Maatskaplike Navorsingstigting verwerp wat toon dat die DA 42-persent steun in Johannesburg het, vergeleke met 18-persent vir die ANC. Die party bevraagteken die opname se onafhanklikheid en wil hê die metodologie en besonderhede oor die opdrag daarvoor moet vrygestel word…
Die Wes-Kaapse polisie het 'n soektog begin ná die moord Saterdagaand op vyf mense in Langa, Kaapstad. Die polisie het gereageer op 'n klagte van 'n skietery by 'n huis in Winnie Mandelastraat, Fase Drie. Met hul aankoms het beamptes die liggame van vier mans en een vrou gevind. Geen…
Werke- en vervoerminister Veikko Nekundi het padkontrakteurs gemaan om nie werkers wat hulle vir padprojekte in diens neem, sleg te behandel nie. Werkers moet ook ten minste die minimumloon betaal word en daar moet na hul klagtes geluister word. Nekundi het onlangs tydens 'n seremonie vir die aanvang van herstelwerk…
Bitcoin het met byna 50 persent vanaf sy rekordhoogtepunt gedaal, maar Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, sê dit is nie ongewoon nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat die jongste daling volg op 'n massiewe institusionele kooptog wat pryse tot nuwe hoogtepunte gedryf het, voordat miljarde…
Die regering het die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park veroordeel. Hulle is na bewering in 'n lokval gelei en doodgeskiet. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê wetstoepassingsagentskappe het hulpbronne ontplooi om die skuldiges op te spoor. Hy sê optredes soos Operasie Shanela is gemik op misdaadbrandpunte,…
Cosatu doen 'n beroep op die ANC-geleide regering om werksgeleenthede in die plaaslike farmaseutiese vervaardigingsbedryf te red. Die vakbond sê 2 500 werkgeleenthede het die afgelope 18 maande in die sektor verlore gegaan, met nege vervaardigers wat volgens berigte gesluit het. Die federasie blameer die regering se verkrygingsbeleid wat goedkoper…
‘n Herrie het Saterdag op sosiale media losgebars ná die omgewingsministerie bevestig het dat Namibian Marine Phosphate ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat ontvang het vir sy omstrede aflandige Sandpiper-projek naby Walvisbaai. Die beplande ontginning van fosfaatryke sedimente van die seebodem vir verwerking tot kunsmis word reeds jare lank teengestaan weens die moontlike impak…
Gesondheidminister Esperance Luvindao het 'n beroep gedoen op die lewering van gehalte- en bekostigbare gesondheidsorgdienste aan alle Namibiërs, en beklemtoon dat toegang tot mediese sorg nie deur 'n persoon se finansiële status bepaal behoort te word nie. Sy het tydens die amptelike opening van die Onamafila-kliniek in die Oshikunde-kiesafdeling gepraat.
TransNamib-woordvoerder Alina Garises sê bedrywighede op die Walvisbaai-Karibib-spoorkorridor het in Julie begin, wat vragverbindings tussen die Walvisbaai-hawe en binnelandse streke versterk. Na verwagting sal die vragkorridor tot 25 000 ton vrag per maand vervoer, wat na raming elke maand 735 vragmotors van die paaie sal verwyder en jaarlikse koolstofvrystellings met…
Die All Blacks-kaptein Patrick Tuipulotu sê die Stormers het sy span se dissipline Vrydagaand op die Kaapstad-stadion getoets, waar die besoekers met 38 - 21 gewen het. Hy het die Stormers se sterk fisiese oorheersing in die eerste botsing van hul Suid-Afrikaanse toer geprys. Hoofafrigter Dave Rennie het ook frustrasie…
Absa Bank het Vrydag sy NewWave-silwerbeursverhandelde note, of ETN’s, op die Namibiese Effektebeurs, of NSX, noteer. Teen die sluiting van die NSX Vrydag, het dié ETN’s teen 9 Namibiese dollar en 70 sent stuk verhandel. Robert McGregor, aangewese besturende direkteur van Cirrus Securities, het aan KosmosKapitaal verduidelik wat dié notering…
Die vakbond Solidariteit sê werkers by Premier Foods het meer vrae as antwoorde oor die moontlike sluiting van die inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap. Gideon du Plessis van die vakbond vrees die eerste konsultasieproses wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gefasiliteer word, kan dalk slegs 'n…
Die land sal oor die naweek oorwegend sonnige en warm winterstoestande ervaar, met koue nagte oor die binneland en matige, mistige toestande langs die kus. Die weerkantoor se Albertina Anderson sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sterk, winderige toestande oor groot dele van die land sal heers. Sy sê selfs…
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het 'n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi…
Bosbou-minister Indileni Daniel het Vrydag ’n beroep gedoen op groter belegging in Namibië se biomassa-industrie en gesê dit kan werk skep, gedegradeerde grond herstel en ekonomiese groei bevorder. Daniel het tydens die opening van die Standard Bank Biomassaskou en Nywerheidskonferensie op Otjiwarongo die direktoraat bosbou beopdrag om ’n nasionale opname…
8 Aug 1AM
1 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.