OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays from 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,956 Episodes
640 – 660

SA landbou-uitvoere neem steeds toe

Suid-Afrika se landbou-uitvoer het in 2024 ’n nuwe rekord van US$13,7 miljard bereik, ’n toename van 3% teenoor die vorige jaar, volgens data van Trade Map. Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, meen hierdie groei is ten spyte van die midsomerdroogte wat graan- en oliesaadproduksie geraak het.
4 Mar 2025 10PM 5 min

Raar maar waar: Bloemfontein se eie ‘wynroete’

Bloemfontein is nie ’n bestemming wat gewoonlik as een van Suid-Afrika se wynroetes opduik nie. Tog pryk ’n klein wynroete en pragtige wingerde aan die buitewyke van Langenhovenpark. Die Soutpansberglaan-wynroete bestaan uit drie wynplase, waar smaaklike wyn op die mees onverwagte plek verbou word. Spitskop Wijnbouw se Leon Ehlers vertel…
3 Mar 2025 12AM 4 min

Skaapbestuur en wolverslag

Johan Gunter gesels met OVK se John Melville oor skaapkuddebestuur en Zinanda Geyer het die jongste vanaf die wolmark.
28 Feb 2025 3AM 4 min

AMT-ontleding: Vleisprystendense

Dr. Johnny van der Merwe gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand en dollar wisselkoers.
25 Feb 2025 11PM 6 min

Verhandeling van kapitaalbelasting

Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige beantwoord vandag weer luisteraars se vrae en vandag verduidelik hy die verhandeling van plase en spesifiek kapitaalbelasting.
23 Feb 2025 10PM 2 min

Vrystaatse premier belig landbou planne in 2025 rede

Die Vrystaatse premier sê beter ekonomiese vooruitsigte, ondanks ontwrigtings en wêreldwye onsekerheid, inspireer haar regering. MaQueen Letsoha-Mathae het Vrydat haar provisiale rede in Bloemfontein gelewer. Sy het ook planne vir landbou, die platteland en infrastruktuur belig…
23 Feb 2025 10PM 4 min

OVK wolmarknuus

Die Suid-Afrikaanse Rand het sterker teen die Amerikaanse Dollar verhandel gedurende die meeste van die twee dag wolveiling. Die Suid-Afrikaanse Mark het positief verhandel ten spyte van die Austaliese Mark wat met 0.7% swakker gevaar het. OVK se Zinanda Geyer het meer…
20 Feb 2025 11PM 2 min

Chris Derksen Vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig 19 Februarie…
19 Feb 2025 10PM 1 min
640 – 660