Luister: Wiele2Wiele ry met die Atos

Loading player...
Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Wils Raubenheimer van Hertz Suider-Afrika, wat volstoom aan die gang is ten spyte van Amerika wat swaar trek. Motus sê die beste tyd om ʼn motor te koop is nou en dan gaan ry die span met Hyundai se klein Atos-buksie, wat al ‘n paar toekennings ingepalm het. Alternatiewe gebruike vir brandstof klink slim maar dit is nie en vir 2Wiele gaan die manne terug in tyd saam met Honda.
2 Jun 2020 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se betrokkenheid by hierdie ikoniese ren…
7 May 25 min

Wiele2Wiele ervaar MG3 en MG ZX Pro

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die MG3 en MG ZX Pro, en besin oor wat hierdie historiese handelsmerk anders maak. Hulle gaan maak ook ’n draai by ’n glansgeleentheid en hoor meer oor Jetour se T-reeks wat nou ook met inprop-hibriede tegnologie beskikbaar is. Vir die tegniese wenk van…
2 May 26 min

Wiele2Wiele ry Tiggo 9 Super Hybrid, Audi A5 en VW Tiguan

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Chery se Tiggo 9 Super Hybrid, Audi se A5 en Volkswagen se Tiguan. Vir die tegniese wenk beantwoord hulle vrae oor vibrasies en dan kyk hulle na Kove se nuwe 800X Rally- en 800X Pro-motorfiets. Daar word ook gespekuleer oor wat by…
24 Apr 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies

Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die eerste…
16 Apr 25 min