Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
313 Episodes
1 – 20

Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter

Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor…
4 Oct 24 min

Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep

In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke…
26 Sep 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus

In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar,…
20 Sep 26 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove…
12 Sep 25 min

Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S

In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie.
6 Sep 26 min

Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X. Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n…
29 Aug 25 min

Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik…
22 Aug 25 min

Wiele2Wiele: Drie Kia’s onder die loep

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat.
15 Aug 24 min

Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, ’n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met get\Worth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in…
8 Aug 25 min

Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel

Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n tegniese wenk en hulle gesels oor die ’Suzuki Rider Safety’-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend…
1 Aug 26 min

Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International…
25 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Prado

Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat ’n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die…
18 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is ’n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel…
11 Jul 27 min

Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is ’n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides’ Facebook-groep, oor…
5 Jul 25 min

Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep

Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle…
28 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet

Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer…
20 Jun 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor

Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus.
13 Jun 25 min

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero…
6 Jun 26 min

Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span…
31 May 25 min

Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.
23 May 23 min
1 – 20