Safex Verslag - 13 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 67% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen aangeplant. · Die 67% aanplantings wat voltooi is, is aansienlik meer as verlede seisoen se 28% voltooi die 5 jaar gemiddeld van 56% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R35/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 460/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R31/ton laer verhandel om teen R2 584/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse Departement van Landbou se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag dui aan dat 38% van die sojabone in die VSA reeds aangeplant is. · Dit 38% sojaboon aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 8% voltooi en die 5 jaar gemiddeld van 23% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike sojaboonmark het meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 610/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse winterkoring produksietoestande word op 53% goed tot uitstekend geskat in die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak was. · Die produksietoestande het verswak vanaf die vorige week se skatting toe dit op 55% goed tot uitstekend geskat was. Verlede seisoen, teen dieselfde tyd van die jaar, was dit op 64% goed tot uitstekend geskat. · Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R24/ton laer verhandel om teen R5 515/ton te sluit.
12 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal is 'n brandpunt in die Vrystaat

Isabel van Tonder gesels met Professor Andries Raath, dagbestuurslid van die RPO in die Vrystaat, oor Artikel 6 - sub artikel 3, wat handel oor vee wat vervoer word.
2 Nov 10PM 2 min

Plaasaanvalle en plaasmoorde is aan die toeneem.

Plaasaanvalle en plaasmoorde is aan die toeneem. Isabel van Tonder gesels met Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker, oor die brutaliteit daarvan, voorsorgmaatreels, bekamping daarvan en ook optrede tydens en na so 'n aanval. Mike Bolhuis gee waardevolle wenke om sinvol met werkers te kommunikeer en raad om nie 'n sagte teiken…
29 Oct 11PM 56 min