GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 17 Desember

#GROOTtrauma | 17 Desember Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter toestel word gebruik om bloeddruk te meet? >Dick Van Dyke is 100 – gaan ons ook word? – Hy deel sy geheime vir ’n lang lewe >Blue Christmas en…
17 Dec 43 min

#GROOTtrauma | 10 Desember

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter orgaan werk letterlik harder ná ’n groot Kersete en hoë suiker-inname? >Leer om te dans hierdie Desember - Dis goed vir jou brein >Baanbreker-operasie by Tygerberg Hospitaal >Wees verantwoordelik gedurende die Feesseisoen >Dr…
10 Dec 41 min

#GROOTtrauma | 3 Desember

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Waarvoor help kaneel — ’n gewilde Kersfees-spesery — volgens navorsing om natuurlik te stabiliseer? >Crohn’s and Colitis Awareness Week >16 Days of Activism >Gesprek met Taleen Heath – oor 16 Days of Activism >Dr…
3 Dec 46 min

#GROOTtrauma | 26 November

#GROOTtrauma | 26 November Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Hoeveel asemteue (breaths) neem ’n mens ongeveer per dag? >Om te vas kan jou beskadigde selle vernietig >Mo-vember week 4 fokus: Men’s Mental Health >Gesprek met Dr Melissa Janse van…
26 Nov 43 min

#GROOTtrauma | 19 November

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Waar of Vals: Alle mense deel meer as 99% van dieselfde DNA (DNS). >Mo-vember week 3 fokus: Testikulêre kanker >Wêreld Toilet Dag >Vetterige lewersiekte: 'n Groeiende kommer in Suid-Afrika en hoe om dit te…
19 Nov 40 min