GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
405 Episodes
1 – 20

#GROOTtrauma - 2 Oktober

Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts’ veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.
2 Oct 37 min

#GROOTtrauma - 18 September

Oktobermaand is borskanker bewustheid maand. Dr Cornel Steyn en Dr Phillipus Nel is in die ateljee om te praat oor borskanker in dames sowel as in mans. Hulle fokus op die voorkoming, simptome en behandeling van borskanker.
18 Sep 40 min

#GROOTtrauma - 11 September

’n Onlangse studie het getoon dat as jy diê sewe goed doen, jou kanse om later dimensie en Alzheimer se siekte kry, vertraag kan word. Dr Jaco van Niekerk vertel wat die sewe goed is.
12 Sep 34 min

#GROOTtrauma - 4 September

Prof Clive Gray van die Universiteit van Stellenbosch is die ontvanger van die 2023 Harry Oppenheimer Fellowship-toekennings. Dit gaan hom in staat stel om navorsing te doen oor voortydige geboorte. Dr Jaco van Niekerk gesels oor oor Torrets sindroom.
4 Sep 39 min

#GROOTtrauma - 28 Augustus

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Vista Kliniek gesels oor psigiatriese gesondheid. Kalf Grobler van die Facebook-blad, “Swart hond” deel sy getuienis en vertel ook meer van die groep wat bystand bied vir persone wat met depressie en angs lewe.
28 Aug 39 min

#GROOTtrauma - 21 Augustus

Dr Brittain, ’n hematoloog gesels oor ’n nuwe prosedure om kanker te beveg. Die nuwe behandeling word CarT-terapie genoem. Hy vertel meer hieroor.
21 Aug 30 min

#GROOTtrauma - 14 Augustus

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die mees algemene hartkwale, veiligheid by privaat hospitale en deel ook sy opinie oor verskeie nuusstories wat die afgelope week nuus gemaak het.
14 Aug 38 min

#GROOTtrauma - 7 Augustus

Dr Jaco van Niekerk verduidelik wat die verskil is tussen Osteoporose en Rumatoïede artritis.
7 Aug 40 min

#GROOTtrauma - 24 Julie

Dr Johan Kluge, 'n kop-en nek sjirurg gesels oor kanker in spesifiek die areas van die liggaam. Hy vertel ook meer oor sy gratis 'screening' projek wat op die 27ste Julie 2024 plaasvind in Johannesburg, Pretoria en Durban.
24 Jul 38 min

#GROOTtrauma - 17 Julie

Dr Maritha Rossouw, 'n onkoloog by ABJ Onkologie in Pretoria Oos gesels oor kanker en nuwe tegnologie wat beskikbaar is vir die behandeling van kanker.
17 Jul 34 min

#GROOTtruama - 10 Julie

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is.
10 Jul 38 min

#GrootTrauma - 3 Julie

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is
3 Jul 36 min

#GrootTrauma - 26 Junie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor beenstruktuur en -trauma in kleuters, tieners en volwassenes en die behandeling daarvan.
26 Jun 42 min

#GROOTtrauma - 19 Junie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor jou liggaamstempratuur, hoekom 37 grade die normaal is en wat met jou liggam gebeur as dit oor 40 grade gaan. Hy vertel ook meer oor 'n onlangse studie wat bevind het dat Xyliltol moontlik kan bydrae tot hartaanvalle en beroertes.
19 Jun 33 min

#GrootTrauma - 12 Junie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor 'n interessante studie wat onlangs gedoen is in Amerika waar bewys is dat die swemdrag/klere van 'n kind, moontlik sy lewe kan red. Luister gerus hier om meer oor die studie te leer.
12 Jun 36 min

#GROOTtrauma - 5 Junie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor nuwe navorsing wat dui dat vrugbaarheid onder mans afneem weens nanoplastiek wat in sperms voorkom in mans luidens die studie en hy gesels oor die onlangse voorval in die Kaap waar 'n rob moontlik hondsdolheid gekry het en die gevaar daarvan.
5 Jun 33 min

Groot Trauma - 22 Mei

Ons gesels met Wes van der Westhuizen en Johan Fourie , kenners op die gebied van Forensiese ondersoeke en motor ongelukke.
22 May 39 min

Groot Trauma - 8 Mei

Ons gesels met die voorsitter van AXSPASA Maranda van Dam en ons gesels oor Aksiale Spondyloatritis
8 May 34 min
1 – 20