Namibië vra meer befondsing vir vroue, vrede en veiligheid

Loading player...
Die regering doen ’n beroep op dringende en betroubare befondsing om wêreldwye verbintenisse oor vroue, vrede en veiligheid in konkrete aksie om te sit. Penda Naanda, Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, het die VN-Veiligheidsraad toegespreek en gesê voorspelbare, volhoubare en buigsame finansiering is noodsaaklik. Namibië dring daarop aan dat die VN en lidlande hul beloftes met voldoende hulpbronne rugsteun, insluitend groter steun vir nasionale aksieplanne en vennootskappe om dié agenda te bevorder.
30 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WKOD prioritiseer leerderveiligheid te midde van taxigeweld

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om…
30 Oct 1AM 1 min

Rubberduck-renne maak hul terugkeer by Oanobdam

Nagenoeg 11 rubberduck-bote neem môreoggend aan die Oanob Lake Grand Prix-reeks by die Oanobdam deel. Elke boot se span bestaan uit 'n stuurman en 'n navigator, wat voor in die boot sit en help om die boot te stuur. Die sport was eens baie gewild, maar het mettertyd veld verloor…
30 Oct 12AM 1 min

Nuwe vyfjaarraad vir Visverbruik-bevorderingstrust aangestel

Die ministerie van visserye het 'n nuwe raad vir die staatsbeheerde Namibiese Visverbruik-bevorderingstrust vir 'n termyn van vyf jaar aangestel. Die nuwe voorsitter, Lot Ndamanomhata, sê die planne sluit in die vestiging van drie nuwe gemeenskapsvismarkte in minderbevoorregte binnelandse gebiede om voedsel- en voedingsekerheid te verbeter.
30 Oct 12AM 1 min

87 000 studente se klas- en registrasiegeld beskerm onder hersiene begroting

Ongeveer 87 000 tersiêre studente het in 2026 staatsgesubsidieerde klas- en registrasiegelde ontvang. Volgens die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti, word dié befondsing ook onder die hersiene begroting beskerm. Hy het aangekondig dat die ministerie 150 miljoen Namibiese dollar verskuif het om sy ontwikkelings-begroting tot 738 miljoen dollar te verhoog…
30 Oct 12AM 1 min

Namibië kry byna N$1 miljard vir groenwaterstof- en klimaatprojekte

Die land staan op die punt om sowat een miljard Namibiese dollar aan klimaatfinansiering te ontvang om groenwaterstofprojekte en nywerheidsinisiatiewe wat koolstofvrystellings verminder, te bevorder. Dit volg nadat die Groen Klimaatfonds 'n befondsingspakket van 140 miljoen Amerikaanse dollar vir Suider-Afrika goedgekeur het. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, sê…
30 Oct 12AM 1 min