
Vroue aangeraai om nuwe borsknoppe dadelik te laat ondersoek
Loading player...
Francois Malherbe, hoof van die bors-eenheid by Groote Schuur-hospitaal, doen ’n beroep op vroue om onmiddellik mediese hulp te soek indien hulle ’n nuwe knop in die bors opmerk. Hy beklemtoon dat behandeling by die biologie van die gewas en die pasiënt se individuele behoeftes aangepas moet word. ’n Vroeë diagnose bied meer behandelingsopsies en verbeter die kans op oorlewing.

