BoN verhoog repokoers tot 7% te midde van inflasiedruk

Loading player...
Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog. Die besluit kom te midde van swak binnelandse ekonomiese aktiwiteit, toenemende inflasiedruk, ’n groeiende handelstekort en die risiko’s wat bek-en-klouseer vir die ekonomie inhou. Die sentrale bank se president, Ebson Uanguta, verduidelik die redes agter die besluit.
28 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

N$5 miljoen vir sanitêredoek-inisiatief om menstruele armoede te bekamp

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op…
28 Oct 5AM 1 min

Bek-en-klouseer in Namibie raak streek se veepryse

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië raak ook die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf, waar die onderbreking van grenshandel die aanbod van diere beperk. Dr. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie, sê die ontwrigting kan sommige produsente aanvanklik bevoordeel deur pryse op te stoot, maar waarsku dat dit nie noodwendig volhoubaar is nie…
28 Oct 6AM 1 min

BKS in Karasburg beperk tot 18 plase, 7 400 beeste ingeënt

Die woordvoerder van die Ministerie van Landbou, Romeo Muyunda, het bevestig dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die Kharas-streek steeds tot die Karasburg-distrik beperk is, met die aantal positiewe gevalle stabiel op 131 op 18 plase. Massa-inenting is aan die gang suid van die B3-pad, met 19 spanne wat tot dusver meer…
28 Oct 6AM 1 min

Maatskaplike toelaes voortaan maandeliks betaal vanaf volgende maand

Die Ministerie van Finansies het ’n verandering aan die betaling van maatskaplike toelaes aangekondig. Vanaf volgende maand sal alle begunstigdes hul toelaes maandeliks deur die jaar ontvang. Dit bring ’n einde aan die praktyk van dubbele betalings in November en Januarie, en begunstigdes sal voortaan elke maand net een betaling…
28 Oct 6AM 1 min