Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Israelse setlaargeweld en -uitbreiding aan die Wesoewer. Dit volg nadat Israel die gebied afgesper het ná ʼn dodelike aanval op sy soldate in Hebron. Die Israelse inval het die sloping van huise en handels-eiendomme ingesluit, asook beperkings op beweging, wat…
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering verskerp toesig oor die boubedryf om kontrakteurs wat nie presteer nie, aanspreeklik te hou. Hy het in Pretoria gesê 60 kontrakteurs is sedert verlede maand geskrap van die Nasionale Register van Kontrakteurs teen slegs een tussen 2002 en…
Die sentrale en suidelike binneland van Namibië ervaar dié week intense hittegolf-toestande, terwyl geïsoleerde buie in die noordoostelike streke moontlike verligting bring. Die onafhanklike weervoorspeller Vilho Ndeunyema het meer:
Die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging doen ’n beroep op die finansministerie om NamRA se belastingamnestieprogram met 24 maande te verleng, aangesien die huidige sperdatum op 31 Oktober nader kom. Waarnemende sekretaris-generaal Olavi Lita sê die huidige amnestieprogram het reeds N$2,6 miljard van sowat 28 000 begunstigdes ingesamel. Baie klein en mediumgrootte…
Die Namibiese Landbou-unie het intussen ’n ambisieuse teiken gestel om die land se veesektor binne drie maande op die pad na ekonomiese herstel te plaas ná die bek-en-klouseer-uitbreking. NLU-president Thinus Pretorius sê die bedryf moet nou saamwerk om biosekuriteitsmaatreëls, beheersones en duidelike tydlyne vir die bekamping van die siekte te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.