Vrydag, 9 Oktober 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe beïnvloed die moderne werksomgewing jou sielkundige welstand? KosmosKapitaal gesels met gesondheidsekonoom, prof. Frikkie Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), 'n boorling van Namibië, in die aanloop tot Wêreldgeestesgesondheidsdag môre. En: Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië sê dis verregaande dat hulle by die regering moet bakhand staan vir staatskontrakte.
9 Oct 12AM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Dinsdag, 27 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe lyk die mediumtermyn-plan om weer lewe in die land se veebedryf te blaas na dit sy bek-en-klouseervrye status verloor het? Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het met Rene Olivier van Royale Wealth Management gepraat En: Stamper Oil & Gas verwelkom…
27 Oct 12AM 3 min

Maandag, 26 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dertien miljoen Namibiese dollar ... dis wat die bek-en-klouseer uitbreking in die Karasburg-distrik die land oor ses maande kan kos. Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus. Ons berig ook oor planne om nuwe staatshospitale te bou.
25 Oct 11PM 3 min

Vrydag, 23 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die hersiende mediumtermynbegroting is groot nuus en vanoggend loer ons na die syfers in 'n neutedop. Ook in die nuus: Die konstruksiebedryf is ontstoke oor werkeminister Veikko Nekundi wat hul kapasiteit onderskat.
23 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 22 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Duur brandstof, stygende inflasie, belastinginkomste wat onder druk is en bek-en-klouseer is groot uitdagings wat finansminister Ericah Shafudah in haar hersiene mediumtermynbegroting moet takel, wat sy vanmiddag in die parlement indien. KosmosKapitaal praat met Cirrus Capital-ontleder Pandu Shaduka oor hul verwagtinge.
22 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 21 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer, stygende inflasie en wie weet, dalk Namibia Air - die stoom draai behoorlik uit finansminister Ericah Shafudah se sompompie vir haar hersiene mediumtermynbegroting wat Donderdagmiddag ingedien word. In ander KosmosKapitaal-nuus: Die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging sê dis niks persoonlik nie, maar hulle is gekant teen invoere…
21 Oct 12AM 2 min