’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering tree op teen diegene wat wettige kommer oor onreëlmatige migrasie uitbuit om misdadige, haatdraende agendas te bevorder. Lamola sê daar dien tot dusver meer as 100 sake voor die howe, en meer as 40 ondersoeke wat…
Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op…
Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië raak ook die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf, waar die onderbreking van grenshandel die aanbod van diere beperk. Dr. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie, sê die ontwrigting kan sommige produsente aanvanklik bevoordeel deur pryse op te stoot, maar waarsku dat dit nie noodwendig volhoubaar is nie…
Die woordvoerder van die Ministerie van Landbou, Romeo Muyunda, het bevestig dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die Kharas-streek steeds tot die Karasburg-distrik beperk is, met die aantal positiewe gevalle stabiel op 131 op 18 plase. Massa-inenting is aan die gang suid van die B3-pad, met 19 spanne wat tot dusver meer…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.