Dinsdag, 6 Oktober 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Die regering slaan bek-en-klouseervure dood om Namibiese vleis terug op veral Europese, maar ook ander buitelandse winkelrakke te kry. En: Namibië het 'n verstommende sewe plekke op 'n wêreldranglys vir toerisme getuimel. Toerismekenner Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê sy is nie verbaas nie.
5 Oct 11PM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Dinsdag, 27 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe lyk die mediumtermyn-plan om weer lewe in die land se veebedryf te blaas na dit sy bek-en-klouseervrye status verloor het? Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het met Rene Olivier van Royale Wealth Management gepraat En: Stamper Oil & Gas verwelkom…
27 Oct 12AM 3 min

Maandag, 26 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dertien miljoen Namibiese dollar ... dis wat die bek-en-klouseer uitbreking in die Karasburg-distrik die land oor ses maande kan kos. Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus. Ons berig ook oor planne om nuwe staatshospitale te bou.
25 Oct 11PM 3 min

Vrydag, 23 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die hersiende mediumtermynbegroting is groot nuus en vanoggend loer ons na die syfers in 'n neutedop. Ook in die nuus: Die konstruksiebedryf is ontstoke oor werkeminister Veikko Nekundi wat hul kapasiteit onderskat.
23 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 22 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Duur brandstof, stygende inflasie, belastinginkomste wat onder druk is en bek-en-klouseer is groot uitdagings wat finansminister Ericah Shafudah in haar hersiene mediumtermynbegroting moet takel, wat sy vanmiddag in die parlement indien. KosmosKapitaal praat met Cirrus Capital-ontleder Pandu Shaduka oor hul verwagtinge.
22 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 21 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer, stygende inflasie en wie weet, dalk Namibia Air - die stoom draai behoorlik uit finansminister Ericah Shafudah se sompompie vir haar hersiene mediumtermynbegroting wat Donderdagmiddag ingedien word. In ander KosmosKapitaal-nuus: Die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging sê dis niks persoonlik nie, maar hulle is gekant teen invoere…
21 Oct 12AM 2 min