
EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag
Loading player...
Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat word nie. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie stap 'n terugslag is.

