SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae

Loading player...
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte en uitgawes ingevolge gewone reisbestuursreëlings, afwykings van voorsieningsketting-bestuursprosesse en nood- of bedryfs-verkrygingsprosesse. Hy sê Motshekga kan nie langer agter burokratiese verskonings skuil nie:
5 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081…
5 Oct 11AM 1 min

Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel

Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
5 Oct 11AM 1 min

Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse

Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en…
5 Oct 10AM 1 min

Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder

Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die…
5 Oct 10AM 1 min