Donderdag, 24 September 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië is 'n geweldige slag vir die ekonomie, waarsku Romé Mostert, direkteur van Cirrus Capital.
En asof dit nie genoeg slegte nuus is nie - rentekoerse is Woensdag in Suid-Afrika verhoog en almal sit op hete kole oor of die Bank van Namibië volgende maand dieselfde paadjie gaan loop.
24 Sep 12AM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Maandag, 16 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Wie het die hef in die hand? Namibië met sy olie of TotalEnergies met sy geld? KosmosKapitaal-nuus kry vanoggend 'n vars perspektief op dié verdelende debat van Cirrus Capital-ekonoom, Ida Williams. En dit was 'n besige week op die Namibiese Effektebeurs. Ons praat met Tiaan…
15 Nov 11PM 3 min

Vrydag, 13 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante mag dalk hul eertydse glans in Namibië verloor, maar die land se uraan- en goudbronne skitter. In vanoggend se KosmosKapitaal kyk ons na hoe die kommoditeite toenemend buitelandse verdienste laat invloei en gesels ons met Lauren Graham, ekonoom van die Kamer van Mynwese in…
12 Nov 11PM 2 min

Donderdag, 12 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Is Namibië se nismarkte vir tafeldruiwe en dadels in gevaar met Suid-Afrika wat na nuwe afsetgebiede soek omdat sy Agoa-status in gedrang is? Ons gesels met Simonis Storm-ontleder, Almandro Jansen. En moet die regering 'n aandeel in Namibiese besighede besit? Presidensiële mediasekretaris Jonas Mbambo dink…
11 Nov 11PM 3 min

Woensdag, 11 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Vandag kuier Romé Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, in die KosmosKapitaal-nuusateljee. Hy gesels oor bek-en-klouseer wat reeds September se handelsyfers geknou het, ontleed die moontlike impak van die krisis op landbou se totale waardeketting en kyk hoe 'n droogte die situasie verder sal…
11 Nov 12AM 2 min

Dinsdag, 10 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Skrikwekkende syfers van net hoeveel skade bek-en-klouseer die Namibiese ekonomie kan berokken, is in 'n nuwe model van Cirrus Capital bekend gemaak. En: Daar's 'n nuweling op die Namibiese Effektebeurs! Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus.
9 Nov 11PM 3 min