Sokker: Mosimane sê Bafana Bafana kan by die Springbokke leer

Loading player...
Die Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane sê die span kan by die Springbokke leer, wat sterk mededingend bly ongeag wie hulle teenstanders is. Mosimane sê die druk om plekke in die span kan die beste in spelers na vore bring en selfvoldaanheid voorkom. Bafana is besig met voorbereiding vir die 2027-Afrikabekertoernooi-kwalifiseringswedstryde teen Guinee en Eritrea. Mosimane beklemtoon die belangrikheid daarvan om 'n duidelike roete vir junior nasionale spanne na Bafana Bafana te ontwikkel:
23 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nulane-korrupsiesaak uitgestel tot Januarie ná Appèlhof-beslissing

Die Nulane-korrupsiesaak is uitgestel tot 20 Januarie vir 'n voorverhoor in die Hooggeregshof in Bloemfontein. Dit volg nadat die Appèlhof beslis het die onskuldigbevinding van die beskuldigdes moet omgekeer word. Dit sluit die sakeman Iqbal Sharma in. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle word daarvan aangekla dat hulle…
28 Oct 11PM 1 min

Namibië en Zambië voltooi derde oorplasing van gevonniste oortreders

Namibië en Zambië het hul derde oorplasing van gevonnisde oortreders afgehandel, met ses Zambiese burgers wat by die Katima Mulilo-grenspos uit Namibië na Zambië oorgeplaas is. Dit bring die totale aantal oortreders wat ingevolge die bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande sedert Maart 2012 oorgeplaas is op 46 te staan…
28 Oct 11PM 1 min

Suliman Carrim kry R100 000 borgtog

Die Pretoriase landdroshof het borgtog van 100 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan aan die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, wat beskuldig word van minagting omdat hy nie voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie. Hy is onlangs aangekeer toe hy na Dubai wou vlieg. Landdros Marc Curlewis sê die staat het versuim…
28 Oct 11AM 1 min

SUN verwelkom langer internskappe, hoër toelaes

Die Studente-unie van Namibië het die regering se besluit verwelkom om internskappe tot ses maande te verleng en maandelikse toelaes te verhoog. In teenstelling met Nanso se kritiek oor 'n gebrek aan vaardighede-oordrag, sê die unie se voorsitter, Benhard Kavau, dat die kombinasie van die toelaag met NSFAF-befondsing interns tot…
28 Oct 11AM 1 min