Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

Loading player...
NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is later in 'n rivierbedding naby die Oanob-brug gevind deur meisies wat bokke opgepas het. Die polisie sê kneusplekke is aan sy liggaam opgemerk, en sy stiefpa word in verband met die moord ondervra. NamPol se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardap-streek, adjunkkommissaris Theodore Kutongondo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
15 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA ekonomie 'kan Demokrate in verkiesing bevoordeel'

Met net ’n week oor voor die Amerikaanse middeltermynverkiesing op 3 November, staar president Donald Trump ’n moeilike politieke landskap in die gesig. Die president van Pathway USA, Dianne Steward, sê ekonomiese kommer kan die Demokrate ’n sterk kans gee om die drie setels te wen wat hulle nodig het…
29 Oct 9AM 1 min

Skole, klinieke bou is staat se werk, nie partye s'n: Nashinge

Leier van die opposisie in die parlement en IPC-woordvoerder Imms Nashinge sê dat staatsbefondsing aan politieke partye bedoel is om hul deelname aan parlementêre demokrasie te ondersteun, nie om skole of klinieke te bou nie. Hy beklemtoon dat die staat verantwoordelik is vir sosio-ekonomiese ontwikkeling deur belastinginkomste te gebruik. Dit…
29 Oct 9AM 1 min

Obama spot Trump-administrasie oor grap-reaksie

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, het Donald Trump se administrasie gespot oor sy reaksie op 'n grappie waarin hy versierings in die Withuis vergelyk het met "Saddam Hussein wat 'n kaaskoekfabriek oopmaak". Hy het kritiek gelewer op Trump se goue dekorveranderings in die ampswoning. Obama het voor volgende week…
29 Oct 8AM 1 min

Gesondheid verskerp toesig teen Ebola

Die land het sy paraatheid teen Ebola verskerp midde ’n groeiende streeksuitbreking. Die Demokratiese Republiek van die Kongo het reeds meer as 10 000 bevestigde gevalle en byna 4 900 sterftes aangemeld. Kenia het nege gevalle, insluitend twee sterftes, bevestig, terwyl Nigerië een geval aangeteken het. Die gesondheidministerie se woordvoerder,…
29 Oct 8AM 1 min

Walvisbaai se sonkragligte bereik nie Backyard Tenants-gemeenskap nie

Walvisbaai het ’n sonkragbeligtingsprojek van 6,1 miljoen Namibiese dollar by Plaas 37, Porsie 10, voltooi. Backyard Tenants-woordvoerder Immanuel Festus sê die ligte bereik egter nie Porsie 19, waar die gemeenskap woon nie. Hy verwelkom nietemin vordering met ’n pompstasie van 24 miljoen Namibiese dollar. Die Backyard Tenants het in 2025…
29 Oct 6AM 1 min