
AfriForum-verslag wys wreedheid van plaasaanvalle uit
Loading player...
'n Verslag deur AfriForum ná die ondersoek na 47 gewelddadige plaasaanvalle tussen 2019 en 2025, dui op 'n herhalende patroon van marteling. Daarvolgens is slagoffers gebrand, gesteek, verwurg en seksueel mishandel. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasaanvalle kom in al nege provinsies voor, en vra die regering om dit te erken as 'n misdaad wat dringende aandag en spesialis-reaksie vereis. Broodryk vra ook dat slagspreuke soos "Kill the Boer" veroordeel word.

