
Nuwe riglyne maak aftreefondse maklik verstaanbaar
Loading player...
Namfisa het 'n nuwe lys riglyne uitgereik wat die formaat en vereistes uiteensit vir die reëls wat op geregistreerde aftreefondse, begunstigdefondse en onderlinge hulpverenigings van toepassing is. Die riglyne geld ook vir hul rade, hoofbeamptes en administrateurs. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die nuwe riglyne bevorder deursigtigheid en die gebruik van eenvoudige taal, en versterk risikobestuur.

