Ses Gautengskole, 1 klopjag, 123 verbode items

Loading player...
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, was deel van nog ʼn polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasie by ses skole. Dit bring die aantal skole in die provinsie wat deursoek is op 23 te staan. Woensdag se operasie was by die Sehopotso Secondary School en BoteboTsebo Secondary School in Sebokeng, Residentia Secondary School in Vanderbijlpark, Sapphire Secondary School in Bophelong, en Mahareng Secondary School en Lekoa Shandu Secondary School in Sharpeville. Maile sê hulle het in die jongste operasie op 123 verbode items beslag gelê:
3 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

87 000 studente se klas- en registrasiegeld beskerm onder hersiene begroting

Ongeveer 87 000 tersiêre studente het in 2026 staatsgesubsidieerde klas- en registrasiegelde ontvang. Volgens die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti, word dié befondsing ook onder die hersiene begroting beskerm. Hy het aangekondig dat die ministerie 150 miljoen Namibiese dollar verskuif het om sy ontwikkelings-begroting tot 738 miljoen dollar te verhoog…
30 Oct 12AM 1 min

Namibië kry byna N$1 miljard vir groenwaterstof- en klimaatprojekte

Die land staan op die punt om sowat een miljard Namibiese dollar aan klimaatfinansiering te ontvang om groenwaterstofprojekte en nywerheidsinisiatiewe wat koolstofvrystellings verminder, te bevorder. Dit volg nadat die Groen Klimaatfonds 'n befondsingspakket van 140 miljoen Amerikaanse dollar vir Suider-Afrika goedgekeur het. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, sê…
30 Oct 12AM 1 min

Mediese tariefverhoging onvoldoende, sê privaat sektor

Private gesondheidsorgverskaffers sê die verhoging in mediese fonds-maatstaftariewe doen min om die groeiende gaping tussen die koste van gesondheidsorg en die vergoeding wat mediese fondse bied, aan te spreek. Die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, Namaf, het 'n gemiddelde verhoging van 4,6 persent in maatstaf-tariewe vir 2027 aangekondig. Dr. Jürgen…
30 Oct 12AM 1 min

WK-polisie gereed vir moontlike verkiesingsontwrigtings

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande…
29 Oct 11PM 1 min

NNN wil Rusland-Afrika-samewerking vir water en landbou bevorder

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by die Rusland-Afrika-beraad in Moskou 'n beroep gedoen op die implementering van die 2013 Namib-verklaring, om Afrika se waterinfrastruktuurgaping en klimaatsveerkragtigheid aan te pak. Sy het, na aanleiding van 27 miljard Amerikaanse dollar in Rusland-Afrika-handel in 2025, gesamentlike ondernemings in landboutegnologie en waardetoevoeging aangespoor om werkskepping…
29 Oct 11PM 1 min