Ses onwettige myners in Mpumalanga vermoor

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek moordsake na die ontdekking van ses liggame van vermeende onwettige mynwerkers Saterdag in Mashobote. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die polisie het 'n oproep ontvang van 'n lid van die gemeenskap wat gesê het hy het liggame by 'n berg in die gebied gesien. Hy sê polisielede van die Onwettige Mynbouspan is na die toneel gestuur:
30 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NSFAF-studente mag nie eksamens geweier word nie

Die ministerie van hoër onderwys het alle tersiêre instellings opdrag gegee om studente wat op NSFAF-befondsing wag, nie weens uitstaande fooie te weerhou om hul eksamens af te lê nie. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het die besluit verwelkom en bevestig dat gesprekke ook aan die…
30 Oct 6AM 1 min

Swartbooi kritiseer regering se ekonomiese rekord

LPM-leier Bernadus Swartbooi het die regering se ekonomiese rekord oor die afgelope 36 jaar skerp gekritiseer. Hy sê armoede, werkloosheid, honger en finansiële druk neem toe. Swartbooi het in die Parlement gesê meer as 60 persent van Namibiërs verdien minder as 2 000 dollar per maand, terwyl mikrolenings tot sowat…
30 Oct 6AM 1 min

Bek-en-klouseer bedreig breër landbou-ekonomie

Bank Windhoek se besturende direkteur, James Chapman, waarsku dat bek-en-klouseer nie net boere raak nie, maar die lewensbestaan van sowat 70 persent van Namibiërs wat deur landbou ondersteun word, bedreig. Hy sê gestaakte veeveilings plaas kontantvloei onder druk en raak ook streekdorpe. Chapman het by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks…
30 Oct 6AM 1 min

Bank van Namibië verlig finansiële druk op boere

Die Bank van Namibië stel beleidsveranderinge in om finansiële druk op boere en landboubesighede wat deur bek-en-klouseer en El Niño-verwante droogte geraak word, te verlig. Adjunk-goewerneur Leonie Dunn het die maatreëls vanoggend aangekondig, wat banke groter buigsaamheid gee om sukkelende landbouleners by te staan.
30 Oct 6AM 1 min

SA kies Durban as voorkeur-gasheerstad vir Olimpiese Spele-bod

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Durban aangewys as voorkeur-gasheerstad vir sy bod om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in 2036 of 2040 aan te bied. Die kabinet het die bod goedgekeur. Johannesburg en Kaapstad is ook as moontlike kandidaat-stede oorweeg. Sewe lande het belangstelling uitgespreek om 2036 se…
30 Oct 5AM 1 min