
LIV Gholf skaal af, begin werkers aflê
Loading player...
Gholf: LIV Gholf skaal sy bedrywighede af en gaan volgende week begin om die meeste van sy 300 werknemers af te lê. Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds het sedert Junie 2022 meer as 79,76-miljard Namibiese dollar belê, maar gaan sy befondsing einde vanjaar beëindig. Die LIV-seisoen het 'n week vroeër geëindig nadat die span-kampioenskap in Michigan afgelas is. Uitvoerende hoof Scott O'Neil sê onderhandelings duur voort met 'n voornemende nuwe hoofbelegger en verskeie minderheidsbeleggers:

