Groot beloftes rakende plaaslike inhoud, deursigtigheid in olie

Loading player...
Myne-minister Modestus Amutse, sê dat Namibië se Oranje-bekken verder as aanvanklike eksplorasie na die ontwikkelingsfase op see beweeg. Amutse het by die Offshore Northern Seas-program in Noorweë gepraat en beklemtoon dat ontwikkelingskonsepte vir die Venus-veld 160 000 vate per dag teiken, met TotalEnergies wat na sy finale beleggingsbesluite beweeg. Hy beklemtoon dat die regering se prioriteit is om bogrondse waarde te skep deur die nuut goedgekeurde Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoudsbeleid, wat werksgeleenthede, vaardigheidsoordrag en plaaslike sakedeelname vir Namibiërs verseker voordat die eerste olieproduksie begin.
27 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran ondersoek ook beskermende maatreëls vir kinders op sosiale media

Tieners en sosiale media is in die nuus sedert Australië se verbod op sosiale media vir kinders onder 16 en ander lande wat ook die opsie ondersoek. Meta het ook intussen in Kalifornië geskik in ‘n saak waar hy daarvan beskuldig was dat sy platforms verslawend is vir kinders. In…
27 Aug 6AM 1 min

Dagga, aborsiepille, nyaope by Gautengskole gevind

Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê 17 skole is tydens polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasies deursoek. Die doel is om dwelms, wapens en ander verbode items uit skole te verwyder. Vyf skole is gister besoek: Baleseng Junior Secondary School, Tiyelelani Secondary School, Ngaka Maseko Secondary School, Holy Trinity Secondary School en…
27 Aug 5AM 1 min

Malema sê Didiza plaas ANC bo haar grondwetlike verantwoordelikheid

Die EFF-leier Julius Malema sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het nie haar grondwetlike verantwoordelikhede met onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit nagekom nie. Sy het nie president Cyril Ramaphosa se interdik om die verrigtinge van die Ampsklagkomitee te staak, betwis nie. Die party se mosie van wantroue teen…
27 Aug 4AM 1 min

Wet op Geestesgesondheid seil deur Nasionale Raad

Die Nasionale Raad het die Wetsontwerp op Geestesgesondheid goedgekeur na die voltooiing van die komiteefase. Geen besware is geopper terwyl die Huis die klousules oorweeg het nie, insluitend bepalings wat deur die Nasionale Vergadering gewysig is. Die Wetsontwerp poog om die Wet op Geestesgesondheid van 1973 te vervang en 'n…
27 Aug 4AM 1 min