
Dagga, aborsiepille, nyaope by Gautengskole gevind
Loading player...
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê 17 skole is tydens polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasies deursoek. Die doel is om dwelms, wapens en ander verbode items uit skole te verwyder. Vyf skole is gister besoek: Baleseng Junior Secondary School, Tiyelelani Secondary School, Ngaka Maseko Secondary School, Holy Trinity Secondary School en FR Smangaliso Mkhathwa Secondary School. Maile sê tydens die jongste operasie het hulle nyaope, aborsiepille en ʼn groot voorraad dagga gevind:

