
Menseregtekommissie maak erns van Vatsonga Machangani-memo
Loading player...
Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommissie gaan 'n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg ná 'n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van landsburgers en strenger optrede teen oortreders. Die kommissie is 15 dae gegee om te reageer:

