Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Loading player...
Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula gepraat oor psigososiale ondersteuning.
26 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kanada en EU versterk bande teen groot moondhede

Die Kanadese Eerste minister Mark Carney sê Kanada werk aan die sterkste moontlike vennootskap met die Europese Unie terwyl die land gereed maak om teen Junie 2027 ʼn medelid van die groep van 27 lede te word. Die EU en Kanada vorm ʼn nuwe vennootskap, die “Alliance for the Future”,…
1 Nov 10PM 1 min

Ramokgopa: Bekostigbare krag dryf Afrika se groei

Die Suid Afrikaanse minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê bekostigbare elektrisiteit is noodsaaklik vir Afrika se nywerhede en ekonomiese ontwikkeling. Hy het Saterdag gepraat tydens die Kgalema Motlanthe-stigting se jaarlikse Drakensberg-forum. Ramokgopa beskryf elektrisiteit as 'n openbare bate, nie bloot 'n manier om wins te maak nie. Hy…
1 Nov 10PM 1 min

Gemiddelde Namibiër word al armer, sê IPC

Die jongste projeksies vir ekonomiese groei het kommer laat ontstaan oor die land se ekonomiese prestasie. Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, sê dat die Bank van Namibië se groeivoorspelling van 2,1 persent vir vanjaar tekortskiet in vergelyking met die land se geraamde bevolkingsgroei van 3 persent. Dit beteken dat…
1 Nov 4AM 1 min

Onkologie, kraamsorg benodig meer bloedprodukte

Staatshospitale het die afgelope jaar ongeveer 76 persent van alle bloedprodukte wat in Namibië vervaardig is, verbruik. Dit was hoofsaaklik weens 'n toenemende aanvraag in onkologie en kraamsorg. Na afloop van NamBTS se algemene jaarvergadering het woordvoerder Frieda Vatilene-Asino berig dat, ten spyte van tekorte in bloedinsameling, daar geen gevalle…
1 Nov 3AM 1 min

BKS: Kapana-verkopers het dringend hulp nodig

Die Republikeinse Party doen 'n beroep op die instelling van 'n dringende hulpfonds van 10 miljoen Namibiese dollar vir kapana-verkopers en informele vleishandelaars wat deur beperkings weens bek-en-klouseer lamgelê is. Met die voorstel vir hierdie fonds het Mathias Mbundu beklemtoon dat die hele landbouketting – van boere tot plaaslike vleisverkopers…
1 Nov 3AM 1 min