
Erongo-ontsoutingsprojek kan 20 miljoen kubiek jaarliks lewer
Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het meer inligting oor NamWater en Swakop Uranium se Erongo-ontsoutingsprojek wat Donderdag van stapel gestuur is, om langtermyn-waterinfrastruktuur in die streek te verseker. Die 2,1 miljard Namibiese dollar-projek, wat tydens 'n geleentheid in Windhoek onthul is, is 'n strategiese openbare-private vennootskap om die land se tweede groot ontsoutingsaanleg te bou. NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het by die geleentheid gepraat.

