
Dodetal styg tot 235 in Venezuela
Loading player...
Die dodetal nadat twee kragtige aardbewings naby Venezuela se hoofstad, Caracas, voorgekom het, het tot 235 gestyg terwyl meer as 4 300 mense beseer is. Die eerste skudding van 7,2 is sekondes later gevolg deur ʼn sterker een van 7,5 wat dit die land se ergste in meer as ʼn eeu maak. Talle mense word vermis of is steeds onder die puin vasgekeer terwyl reddingswerkers voortgaan om na oorlewendes te soek. Die Verenigde Nasies se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê hulle help met die reddingspogings:

