Akkerbou presteer in eerste kwartaal

Loading player...
Die land se akkerbousektor het beduidende winste getoon in die eerste kwartaal vanjaar. Volgens die jongste data van die Namibiese Statistiek-agentskap het die produksie van beheerde akkerbouprodukte gedurende die kwartaal op 2 171 ton gestaan, vergeleke met 1 637 ton wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2025 aangeteken is. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo het ook meer oor mielies, mahangu en koring:
26 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min

Amerikaanse ambassadeur 'meng in, regering moet optree'

Aktivis Michael Amushelelo het 'n nasionale petisie van stapel gestuur waarin hy die regering versoek om die Amerikaanse ambassadeur, John Giordano, tot persona non grata te verklaar. Amushelelo beskuldig die Amerikaanse diplomaat van inmenging in binnelandse sake en verwys na hoëvlakvergaderings met geregtelike amptenare, en interaksies by nasionale geleenthede as…
27 Aug 10AM 1 min