
Netbal in Namibië 'op uiters gesonde voet'
Loading player...
Namibië het 'n span van 23 gekies om die land by die Statebondspele in Glasgow, Skotland te verteenwoordig. Hulle sal meeding in atletiek, para-atletiek, boks, gimnastiek, rolbal, en swem. Die land het ongelukkig nie vir netbal gekwalifiseer nie, maar staan nog 'n kans om in September vir die Netbal Wêreldbeker te kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Joan Smit gepraat, voorheen van die Namibiese Olimpiese Komitee en nou Wêreldnetbal se Afrika-streeksbestuurder, gebaseer in Namibië.

