
Reën op pad
Loading player...
'n Afsny laagtepunt en intense weerstelsel wat vanaf die Atlantiese Oseaan na die suidweste van Namibië inbeweeg, sal wydverspreide reën en moontlik oorstromings tussen Vrydag en Saterdag veroorsaak. Meteoroloog Vilho Ndeunyema sê die storm sal aansienlike neerslae na die suidkus, suidwestelike sentrale gebiede en suidoostelike gebied bring.

