Die 20-jarige Kimi Antonelli het in sy tweede seisoen sy eerste Wêreld-bestuurderskampioenskap opgeraap en die jongste Formule Een-kampioen in die geskiedenis geword. Die Mercedes-renjaer het derde klaargemaak by die Mexiko-stad Grand Prix om die titel te buit met vier wedrenne wat hierdie seisoen oorbly. Max Verstappen van Red Bull het…
Die SA Verkiesingskommissie herbevestig hy is gereed vir die plaaslikeregeringsverkiesing, met meer as 2,6-miljoen kiesers wat vandag en môre hul spesiale stemme sal gebruik. Altesaam 80-persent van die goedgekeurde huisbesoeke is vir kiesers ouer as 60, terwyl vroue verantwoordelik is vir 74-persent van die goedgekeurde spesiale stemme. Die OVK se…
Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid versoek alle politieke partye, hul ondersteuners en lede van die publiek om vrede, verdraagsaamheid en respek vir demokratiese beginsels voorop te stel tydens hierdie week se plaaslikeregeringsverkiesing. Die voorsitter, Bandile Masuku, sê die polisie moet meer sigbaar wees by hoërisiko-stemstasies sowel as in…
Swapo-parlementslid Modestus Atshipara waarsku dat Namibië se openbare skuld na verwagting 201,7 miljard Namibiese dollar, oftewel 68,7 persent van die BBP, sal bereik – bo die SAOG-maatstaf van 60 persent. Jaarlikse rentebetalings sal na verwagting 15,4 miljard dollar beloop, oftewel 17,5 persent van staatsinkomste. Atshipara ondersteun bykomende befondsing vir Psemas…
Die Lake Oanob Grand Prix het oor die naweek by die Oanobdam plaasgevind en talle besoekers en rubberduck-entoesiaste gelok wat die deelnemers kom ondersteun het. Die spanne het aan sowel kortbaan- as langafstandresies deelgeneem, met snelhede van tussen 70 en 80 kilometer per uur en sommige bote wat tot 110…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.