
Ministerie oorweeg uitdunning van Kunene-olifante
Loading player...
Die omgewingsministerie oorweeg uitdunning om die groeiende olifantbevolking in die Kunene-streek te bestuur. Die voorgestelde maatreël het ten doel om toenemende mens-dier konflik en oorbeweiding aan te spreek, wat albei vererger is deur langdurige droogtetoestande in die streek. Professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê hul bevindinge dui ook daarop dat olifantgetalle in die gebied volhoubare vlakke oorskry, en dat uitdunning een van die opsies kan wees. Hy het meer.

