VSA 'moet ophou dreig as hy ooreenkoms wil bereik'

Loading player...
Iran sê hy het die reg tot selfverdediging teen enige gewapende aggressie. Amerika het vanoggend met 'n tweede ronde lugaanvalle op Teheran begin ná president Donald Trump se waarskuwing dat die vertraagde onderhandelinge gestraf sal word. Iran het daarop Amerikaanse basisse in Bahrein, Koeweit en Jordanië aangeval. Intussen het president Donald Trump op Truth Social gesê Iran sal vanaand hard geslaan word, en Amerika wil Kharg-eiland oorneem. Iran se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, sê Amerika moet sy dreigemente staak as hy werklik 'n diplomatieke oplossing wil hê:
11 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min