Outa sê studenteverblyf moet gekeur word

Loading player...
Outa sê die ouditeur-generaal se inspeksie van studenteverblyf wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente befonds word, moet nie net probleme identifiseer nie, maar ook gebruik word om toesig te versterk en die stelsel te verbeter. Die organisasie sê studenteverblyf moet behoorlik gekeur word, veilig wees en ten volle aan regulasies voldoen voordat studente geplaas word en openbare fondse uitbetaal word. Rudie Heyneke van Outa sê die bevindinge behoort te help om gapings in akkreditasie- en verifikasieprosesse te sluit:
11 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vance sê gesprekke vorder

Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê vordering is gemaak tydens die eerste ronde vredesamesprekings met Iran in Switserland. Dit is ten spyte daarvan dat onderhandelinge gister onderbreek is, nadat president Donald Trump die Iranse afvaardiging gedreig het en deur Teheran se hoofonderhandelaar tereg gewys is. Die samesprekings volg nadat die…
22 Jun 1AM 1 min

Nog BKS-entstowwe kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die stryd teen bek-en-klouseer gaan voort met die aankoms van ʼn nuwe besending entstowwe en vinniger inentings in provinsies. Nog ʼn besending van 2 miljoen Dollvet-entstofdosisse het gister op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Steenhuisen sê die Landbounavorsingsraad het vroeër die maand 20…
22 Jun 1AM 1 min

H5N1: Ons robbe is veilig

Terwyl verslae aandui dat ongeveer 13 000 baba-robbe aan voëlgriep op afgeleë Australiese Antarktiese eilande gevrek het, en 'n geïsoleerde geval in Suid-Afrika aangeteken is, bly Namibië se robkolonies onaangeraak. Wetenskaplikes sê die H5N1-virus het suidelike olifantrobbebevolkings op Heard-eiland verwoes. Te midde van verslae van gevalle in Namibië, het Kosmos…
22 Jun 1AM 1 min

Olie sal nog 'n tyd neem om 'reg' te daal

Reaksie word ontvang oor die chaos rakende die Straat van Hormuz met onderhandelinge wat in Switserland plaasvind, en verklarings deur Iran dat die seestraat toe is met die VSA wat dit weerspreek. Olie daal ook nie noemenswaardig nie en bly rondom 80 Amerikaanse dollar per vat. Kosmos 94.1 Nuus het…
22 Jun 12AM 1 min

Boere rondom Otjiwarongo sukkel met erge muisplaag

Otjozondjupa-boere ervaar tans 'n ernstige muisplaag in verskeie gebiede. Volgens berigte is die probleem uiters ernstig rondom Otjiwarongo, Kalkveld en Omaruru waar sommige nagenoeg 400 muise 'n nag kan dood. Kosmos 94.1 Nuus het met Kalkveld-boer, Günther Kahl gepraat.
22 Jun 12AM 1 min