ReconAfrica begin Kavango West 1X-produksietoets

Loading player...
ReconAfrica het saam met sy vennote Namcor en BW Energy produksietoetsbedrywighede by die Kavango West 1X-put in die hoogs belowende Damara-vougordel begin. Die toetsresultate sal na verwagting teen einde Julie bekendgemaak word. ReconAfrica sê verder dat permit- en terreinvoorbereidings aan die gang is vir die Kavango-Wes 2A evalueringsput. Hulle verwag om voor die einde van die derde kwartaal te begin boor, onderhewig aan finale regulatoriese goedkeurings. Uitvoerende hoof Brian Reinsborough het op 'n Proactive Investors-uitsending beklemtoon dat die toetsresultate 'n belangrike stap is om die kommersiële lewensvatbaarheid van die Kavango-ontdekking te bewys.
10 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min