Onbevestigde berigte lui dat tot 80 stappers steeds in die Visrivier-canyon vasgekeer is met die Visrivier wat afkom na Nautedam se sluise Sondag getrek is en Neckartal begin oorloop het. Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om met die //Kharas-bevelvoerder kommissaris Marius Katamila te praat maar is ingelig hy is besig…
Die Departement van Gesondheid sê hulle het geen formele skrywe van die Amerikaanse regering ontvang oor die volledige onttrekking van MIV/Vigs-befondsing deur Pepfar nie. Dit volg na mediaberigte hieroor. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die regering werk al lank aan 'n selfstandigheidsplan om die uitwerking van befondsingonttrekking…
Namdia se oorsig van die eerste kwartaal toon dat diamant verkope goed presteer het, ten spyte van ‘n daling in vraag in die internasionale mark. Die maatskappy sê ook hy het sekuriteit verbeter by sy hoofkantoor. Lelly Uusiku die waarnemende uitvoerende hoof van Namdia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Die Amerikaner Wyndham Clark het sy tweede Amerikaanse Ope-titel opgeraap met ʼn een-hou-oorwinning oor sy landgenoot, Sam Burns, by Shinnecock Hills in New York. Die 2023-kampioen het op vier-onder 73 klaargemaak. Tom Kim van Suid-Korea is derde met een-onder. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is gelykop vierde in sy poging om…
Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndlela, beplan regsoptrede teen hul skorsing uit die party. Hulle is verlede week geskors weens beweerde growwe wangedrag wat verband hou met hul optrede rondom die dood van ʼn mede-partylid, Muzi Ntshingila. Die party beskuldig die twee dat hulle ongemagtigde openbare verklarings gemaak…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.