Serena skop terugkeer met 'n wen af

Loading player...
Die drie-en-twintigmalige Grand Slam-kampioen Serena Williams het haar eerste professionele oorwinning in byna vier jaar in die vrouedubbelspel by Queen's in Londen behaal. Die 44-jarige Amerikaner en die Kanadese tiener Victoria Mboko is deur na die kwarteindrondte nadat hulle die derde gekeurde Nicole Melichar-Martinez en Erin Routliffe verslaan het. Die ongekeurde Williams en Mboko kom nou teen Leylah Fernandez en Laura Siegemund te staan . Williams sê sy het dit geniet om terug op die baan te wees:
10 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min