SA en Italië versterk landbou samewerking

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, en sy Italiaanse ampsgenoot, Francesco Lollobrigida, het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om samewerking in landbou, landbouverwerking, vernuwing en marktoegang te versterk. Die ooreenkoms is in Kaapstad onderteken tydens die eerste Suid-Afrika–Italië Landbou-sakeforum. Steenhuisen sê die vennootskap het ten doel om handel, belegging en waardetoegevoegde landbouvennootskappe tussen die twee lande uit te brei en voedselproduksie te bevorder:
9 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min

Koalisie wil NYC algemene vergadering voortsit

Die Algemene Vergadering van die Nasionale Jeugraad van Namibië, wat in gewelddadige chaos verval het en wat 'n onbepaalde uitstel van die verrigtinge afgedwing het, bly in die nuus. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp om die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies te stop. In reaksie hierop het 'n…
22 Jun 6AM 1 min

NaCC besoek Otjozondjupa

Die Namibiese Mededingingskommissie verskerp pogings om openbare bewustheid oor billike mededinging en die rol daarvan in ekonomiese ontwikkeling te verhoog met komende inligtingsessies in die Otjozondjupa-streek. Die eerste sessie sal op 23 Junie by die kantore van die Ministerie van Nywerhede, Mynbou en Energie in Otjiwarongo plaasvind, terwyl die tweede…
22 Jun 5AM 1 min