SA ekonomie groei 0,5% in eerste kwartaal

Loading player...
Suid-Afrika se ekonomie het volgens Statistiek Suid-Afrika in die eerste kwartaal met 0,5-persent gegroei, effens beter as wat verwag is. Hoofdirekteur Bokang Vumbukani-Lepolesa sê dis aangevuur deur die dienste- en basiese sektore, met finansies en landbou wat beduidend bygedra het. Vervaardiging het egter die algehele prestasie beïnvloed, met vyf van sy tien afdelings wat negatiewe groei aangeteken het. Vumbukani-Lepolesa waarsku ongelyke prestasie tussen sektore dui steeds op onderliggende strukturele uitdagings:
9 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min

Koalisie wil NYC algemene vergadering voortsit

Die Algemene Vergadering van die Nasionale Jeugraad van Namibië, wat in gewelddadige chaos verval het en wat 'n onbepaalde uitstel van die verrigtinge afgedwing het, bly in die nuus. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp om die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies te stop. In reaksie hierop het 'n…
22 Jun 6AM 1 min

NaCC besoek Otjozondjupa

Die Namibiese Mededingingskommissie verskerp pogings om openbare bewustheid oor billike mededinging en die rol daarvan in ekonomiese ontwikkeling te verhoog met komende inligtingsessies in die Otjozondjupa-streek. Die eerste sessie sal op 23 Junie by die kantore van die Ministerie van Nywerhede, Mynbou en Energie in Otjiwarongo plaasvind, terwyl die tweede…
22 Jun 5AM 1 min