Arbeidsminister waarsku oor KI en ongelykheid

Loading player...
Namibië het sy gewig agter mensgesentreerde kunsmatige intelligensie-bestuur gegooi en gewaarsku dat ongekontroleerde KI ongelykhede kan vererger en kwesbare werkers in gevaar kan stel. Tydens die 114de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève het arbeidminister Wise Immanuel gesê KI moet doelbewus bestuur word om werkers se regte, waardigheid, privaatheid en billikheid te beskerm, terwyl die potensiaal daarvan benut word om produktiwiteit, vaardigheidsontwikkeling en ordentlike werkgeleenthede te verhoog.
9 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek waarsku ook oor 'veldbrande'

Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia…
22 Jun 6AM 1 min

Cachalia sal die week brandpunte vir 30 Junie besoek

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30…
22 Jun 6AM 1 min

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min