Bok-hulpafrigter Brown gaan na Kiwis ná Wêreldbeker-toernooi

Loading player...
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown het 'n tweejaarkontrak vanaf 2028 gesluit met Nieu-Seeland, vir wie hy tussen 1999 en 2001 18 toetse gespeel het. Sy kontrak met die Bokke eindig na volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Australië. Dave Rennie en die res van sy All Blacks-afrigtingspan is tans net tot die Wêreldbeker-toernooi gekontrakteer. Die uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, Steve Lancaster, sê Brown is 'n wêreldklas-afrigter:
8 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min