MVA betaal N$228m in 5 maande uit

Loading player...
Die Motorvoertuig Ongelukfonds het meer as 228 miljoen Namibiese dollar in eise gedurende die eerste vyf maande van 2026 uitbetaal, met verlies aan inkomste en mediese uitgawes wat die grootste deel van die ondersteuning aan padongelukslagoffers en hul families uitmaak. Die fonds sê die uitbetalings weerspieël sy voortgesette verbintenis om diegene wat deur padongelukke regoor Namibië geraak word, te help. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, John Haufiku, gepraat vir 'n statistiese uiteensetting:
8 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min